Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

SKATTE UIT GOD SE WOORD | JOB 21-27

Job het verkeerde denke weerstaan

Job het verkeerde denke weerstaan

Satan gebruik vandag leuens om Jehovah se knegte te ontmoedig. Let op hoe die boek Job die kontras tussen Satan se leuens en Jehovah se ware gevoelens na vore bring. Maak ’n lys van nog Bybeltekste wat vir jou toon dat Jehovah vir jou omgee.

LEUENS WAT SATAN VERTEL

HOE JEHOVAH WERKLIK VOEL

God verwag soveel van sy knegte dat niks wat hulle doen goed genoeg vir hom is nie. Niks of niemand in die skepping kan hom tevrede stel nie (Job 4:18; 25:5)

Jehovah waardeer ons opregte pogings (Job 36:5)

Die mens is vir God niks werd nie (Job 22:2)

Jehovah aanvaar en seën ons getroue diens (Job 33:26; 36:11)

God gee nie om of jy regverdig is of nie (Job 22:3)

Jehovah waak oor die regverdiges (Job 36:7)