Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING

Byeenkomsuitnodigingskampanje

Byeenkomsuitnodigingskampanje

Elke jaar sien ons met groot afwagting uit na die geestelike fees wat ons by ons streekbyeenkomste geniet. Omdat ons wil hê dat ander ook Jehovah se goedheid moet ervaar, sal ons soveel mense as moontlik nooi om dit saam met ons by te woon (Ps 34:8). Elke liggaam van ouer manne sal besluit hoe om die uitnodigings op die beste moontlike manier te versprei.

HOU DIE VOLGENDE IN GEDAGTE

  • Wanneer is my byeenkoms?

  • Wanneer begin die kampanje?

  • Wanneer is ons velddiensvergaderinge?

  • Watter doelwitte het ek vir die kampanje?

  • Wie wil ek graag nooi?

WAT GAAN JY SÊ?

Nadat jy die persoon vriendelik gegroet het, kan jy sê:

“Ons nooi mense regoor die wêreld na ’n baie belangrike geleentheid. Die datum, tyd en plek is op die uitnodiging. Ons sal baie bly wees as jy dit kan bywoon.”

HOE KAN JY DIE BELANGSTELLING VERDER ONTWIKKEL?

Hoewel ons soveel mense as moontlik na die byeenkoms wil nooi, moet ons gereed wees om enige belangstelling verder te ontwikkel.

Oor naweke kan jy die tydskrifte saam met die uitnodiging aanbied.