Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

SKATTE UIT GOD SE WOORD | JOB 33-37

’n Ware vriend gee opbouende raad

’n Ware vriend gee opbouende raad

Toe Elihu begin praat het, was die raad wat hy vir Job gegee het sowel as die manier waarop hy dit gegee het, heeltemal anders as dié van Elifas, Bildad en Sofar. Hy het getoon dat hy ’n ware vriend en ’n goeie raadgewer is; ’n voorbeeld wat ons kan navolg.

EIENSKAPPE VAN ’N GOEIE RAADGEWER

ELIHU HET ’N GOEIE VOORBEELD GESTEL

32:4-7, 11, 12; 33:1

 

  • GEDULDIG

  • GOEIE LUISTERAAR

  • RESPEKVOL

 
  • Elihu het geduldig gewag totdat die ouer mans klaar gepraat het voordat hy iets gesê het

  • Omdat hy aandagtig geluister het, kon hy met ’n beter begrip van die hele saak raad gee

  • Hy het Job se naam gebruik en as ’n vriend met hom gepraat

 

33:6, 7, 32

 

  • NEDERIG

  • TOEGANKLIK

  • BETOON EMPATIE

 
  • Elihu was nederig en goedhartig en het erken dat hy onvolmaak is

  • Hy het empatie met Job gehad

 

33:24, 25; 35:2, 5

 

  • GEBALANSEERD

  • GOEDHARTIG

  • HET GOD SE BESKOUING VAN SAKE

 
  • Elihu het vir Job op goedhartige wyse getoon dat sy beskouing ongebalanseerd was

  • Elihu het Job gehelp om te sien dat sy eie regverdigheid nie die belangrikste ding was nie

  • Elihu se goeie raad het dit vir Job makliker gemaak om verdere onderrigting van Jehovah te ontvang