Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Herinneringe vir die streekbyeenkoms

Herinneringe vir die streekbyeenkoms

Soos op ander tye, wil ons gedurende die byeenkomsseisoen deur liefde vir God en ons naaste gerig word (Mt 22:37-39). Eerste Korintiërs 13:4-8 beskryf liefde in aksie: “Die liefde is lankmoedig en goedhartig. . . . [Dit] gedra hom nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, raak nie ergerlik nie. . . . Die liefde faal nooit nie.” Dink aan maniere waarop jy liefde aan ander by die byeenkoms kan betoon terwyl jy na die video Herinneringe vir die streekbyeenkoms kyk.

HOE KAN ONS LIEFDE BETOON . . . 

  • wanneer ons sitplekke hou?

  • wanneer die musiek voor die program begin?

  • by ons blyplek in die byeenkomsstad?

  • deur as vrywilligers te help?