Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Voorgestelde aanbiedings

Voorgestelde aanbiedings

ONTWAAK!

Vraag: Vandag is flieks en TV-programme vol towenaars, hekse, vampiere en ander bonatuurlike karakters. Wat dink jy? Is dit net onskuldige pret?

Aanbod: Dié Ontwaak! wys hoe gevaarlik hierdie soort vermaak is en dat dit eintlik van slegte geeste af kom.

LEER DIE WAARHEID AAN ANDER

Vraag: Hoe sal God se Koninkryk die wêreld se probleme oplos?

Teks: Mt 6:10

Waarheid: God se Koninkryk sal sorg dat daar vrede, eenheid en veiligheid op die aarde is—net soos dit reeds in die hemel is.

WAT IS DIE KONINKRYK VAN GOD? (Herbesoek)

Vraag: [Gebruik die vraag op die agterkant van die pamflet.] Hoe sal die lewe onder die heerskappy van God se Koninkryk wees?

Tekste: Ps 37:29; Jes 65:21-23

Aanbod: [Wys dan vir die persoon die Goeie nuus-brosjure.] Les 7 in hierdie brosjure verduidelik wat hierdie beloftes vir jou en my beteken. [Gebruik die brosjure om ’n Bybelstudie te begin.]

BEREI JOU EIE AANBIEDING VOOR

Gebruik die voorbeelde om jou eie aanbieding voor te berei.