DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Laat hulle welkom voel
Wie moet welkom voel? Enigiemand wat ons Christelike vergaderinge bywoon—of dit nou nuwelinge of ou vriende is (Ro 15:7; Heb 13:2). Dit kan ’n besoekende Getuie van ’n ander land wees of ’n onbedrywige Christen wat vir die eerste keer in jare die vergadering bywoon. Dink net hoe jy sou voel as dit jy was. Sou jy dit nie waardeer as jy vriendelik verwelkom word nie? (Mt 7:12). Kan jy meer moeite doen om in die Koninkryksaal rond te beweeg en met ander voor en ná die vergadering te gesels? Dit dra by tot ’n vriendelike en liefdevolle atmosfeer en strek Jehovah tot eer (Mt 5:16). Jy sal dalk nie by almal kan uitkom nie. Maar as ons elkeen ons deel bydra, sal almal welkom voel. *
Ware gasvryheid word nie net by die Gedenkmaal of ander spesiale geleenthede betoon nie, maar te alle tye. Wanneer nuwelinge Christelike liefde sien en ervaar, sal dit hulle moontlik beweeg om God te prys en hom saam met ons te aanbid.—Joh 13:35.