Jesus maak mense op die Sabbat gesond
Hoekom was Jesus diep bedroef oor die Joodse godsdiensleiers se optrede? Want hulle het die Sabbat vir die mense ’n las gemaak deur ’n klomp ekstra reëls by te voeg. Byvoorbeeld, dit was verkeerd om ’n vlooi op daardie dag dood te maak. Mediese hulp kon net gegee word aan diegene wie se lewe in gevaar was. Dit beteken dat iemand wat sy been gebreek of spiere beseer het nie op die sabbat gehelp kon word nie. Dit wys dat die godsdiensleiers nie regtig vir die man met die verdorde hand omgegee het nie.