Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Hoe gaan jy vir die Gedenkmaal voorberei?

Hoe gaan jy vir die Gedenkmaal voorberei?

Van hierdie jaar af gaan ons meer tyd hê om vir die Herdenking van Christus se dood voor te berei. Wanneer die Gedenkmaal op ’n weeksdag val, sal ons daardie week nie die Lewe en Bediening-vergadering hou nie. Wanneer die Gedenkmaal op ’n naweek val, sal die openbare toespraak en die Wagtoring-studie nie gehou word nie. Sal jy die ekstra tyd in jou rooster op die beste manier moontlik gebruik? Net soos in die eerste eeu moet daar reëlings getref word vir hierdie spesiale geleentheid (Lu 22:7-13; km 3/15 1). Maar ons almal moet ons hart voorberei. Hoe kan ons dit doen?

  • Dink aan hoe belangrik dit is om daar te wees. – 1Kor 11:23-26

  • Dink biddend na oor jou persoonlike verhouding met Jehovah. – 1Kor 11:27-29; 2Kor 13:5

  • Lees en dink na oor skriftuurlike inligting wat die betekenis van die Gedenkmaal bespreek. – Joh 3:16; 15:13

Party verkondigers lees en dink na oor die Bybelleesgedeelte vir die Gedenkmaal wat in Ondersoek die Skrif elke dag verskyn. Ander gebruik die Bybelverse wat op die tabel verskyn. Nog ander hersien die Wagtoring-studieartikels wat handel oor die Gedenkmaal en oor die liefde wat Jehovah en Jesus vir ons gewys het. Mag jou verhouding met Jehovah en sy Seun al hoe sterker word, watter projek jy ook al kies.