Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

SKATTE UIT GOD SE WOORD | GENESIS 32-33

Stoei jy om ’n seën te kry?

Stoei jy om ’n seën te kry?

32:24-28

As ons Jehovah se seën wil hê, moet ons hard werk om seker te maak dat ons diens aan Jehovah die belangrikste ding in ons lewe is (1Kor 9:26, 27). Die bejaarde Jakob het gewys hoe ons moet voel oor ons Christelike verantwoordelikhede. Ons wys dat ons baie graag Jehovah se seën wil hê wanneer ons . . . 

  • goed voorberei vir die gemeentelike vergaderinge

  • gereeld velddiens doen

  • ons bes probeer om ander in die gemeente te help

Bid gereeld vir Jehovah se hulp en vra hom om jou harde werk in sy diens te seën, maak nie saak hoe moeilik jou omstandighede is nie.

VRA JOU AF: ‘In watter aspekte van my lewe kan ek meer doen om Jehovah se seën te verkry?’