Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

“Raak ontslae van die vreemde gode”

“Raak ontslae van die vreemde gode”

Jakob het geweet dat Jehovah uitsluitlike toegewydheid verdien al het Hy nog nie ’n wet teen afgodediens gegee nie (Eks 20:3-5). So nadat Jehovah vir hom gesê het om terug te gaan Bet-El toe, het Jakob vir almal wat by hom was, gesê om ontslae te raak van hulle afgode. Jakob het toe die afgode, en ook die oorringe wat heel moontlik as gelukbringers gedra was, begrawe (Ge 35:1-4). Ons kan seker wees dat Jehovah gelukkig was met wat Jakob gedoen het.

Hoe kan ons vandag vir Jehovah uitsluitlike toegewydheid gee? Dit is baie belangrik dat ons enigiets moet vermy wat te doen het met afgodediens of spiritisme. Dit beteken dat ons ontslae moet raak van enige ding wat te doen het met die okkulte en ook moet kyk na ons tipe vermaak. Byvoorbeeld, vra jou af: ‘Hou ek van boeke of films met sulke dinge soos vampiere, zombies of die bonatuurlike? Word toorkuns, towerspreuke of vloeke in my vermaak as onskadelike pret gesien?’ Ons moet ver weg bly van enigiets wat Jehovah haat. – Ps 97:10.

KYK NA DIE VIDEODRAMATISERING “STAAN DIE DUIWEL TEË”, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Watter probleem het ’n Bybelstudent met die naam Palesa gehad?

  • Hoekom is dit beter om die ouermanne vir hulp te vra wanneer daar ’n probleem is met spiritisme?

  • Staan die Duiwel teë, en kom nader aan God. – Jak 4:7, 8

    Van watter dinge moet ons heeltemal ontslae raak as ons Jehovah se beskerming wil hê?

  • Watter goeie besluit het Palesa gemaak?

  • Wat is ’n paar maniere hoe jy die demone se invloed kan vermy in die omgewing waar jy bly?