Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Verbeter jou vaardighede in die bediening—Help Bybelstudente om tot toewyding en doop te vorder

Verbeter jou vaardighede in die bediening—Help Bybelstudente om tot toewyding en doop te vorder

WAAROM DIT BELANGRIK IS: Om Jehovah se goedkeuring te verkry, moet Bybelstudente hulle lewe aan hom toewy en hulle laat doop (1Pe 3:21). Dié wat in ooreenstemming met hulle toewyding lewe, ontvang geestelike beskerming (Ps 91:1, 2). ’n Christen wy hom aan Jehovah toe—nie aan ’n mens, ’n werk of ’n organisasie nie. Bybelstudente moet dus liefde en waardering vir God ontwikkel.—Ro 14:7, 8.

HOE OM DIT TE DOEN:

  • Bespreek gedurende die studie wat die inligting ons omtrent Jehovah leer. Beklemtoon dat dit belangrik is om die Bybel elke dag te lees en om “onophoudelik” tot Jehovah te bid.—1Te 5:17; Jak 4:8

  • Moedig jou student aan om toewyding en doop as geestelike doelwitte te stel. Help hom ook om korttermyndoelwitte te bereik, soos om kommentare by vergaderinge te gee of om vir sy bure of werksmaats te getuig. Onthou dat Jehovah niemand dwing om hom te dien nie. Toewyding is ’n persoonlike besluit.—De 30:19, 20

  • Moedig jou student aan om die nodige veranderinge aan te bring sodat hy Jehovah se hart kan bly maak en vir doop kan kwalifiseer (Spr 27:11). Party karaktertrekke en gewoontes kan diepgewortel wees, en daarom moet jy dalk aanhou om ’n Bybelstudent te help om die ou persoonlikheid af te lê en hom met die nuwe een te beklee (Ef 4:22-24). Vertel hom van artikels in die reeks “Die Bybel verander lewens” in Die Wagtoring

  • Vertel hom van die vreugde wat jy al in Jehovah se diens ondervind het.—Jes 48:17, 18