Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

SKATTE UIT GOD SE WOORD | PSALM 102-105

Jehovah hou in gedagte dat ons stof is

Jehovah hou in gedagte dat ons stof is

Dawid het beeldspraak gebruik om Jehovah se barmhartigheid toe te lig.

  • 103:11

    Net soos ons ons nie kan voorstel hoe groot die afstand tussen die sterrehemel en die aarde is nie, kan ons nie begryp hoe groot Jehovah se lojale liefde is nie

  • 103:12

    Jehovah verwyder ons sondes so ver van ons af as wat ons ons kan voorstel, so ver as wat die sonsopkoms van die sonsondergang af is

  • 103:13

    Net soos ’n vader medelye betoon aan sy seun wat dalk seergekry het, toon Jehovah barmhartigheid aan berouvolles wat verpletter is deur hulle sondes