DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Verbeter jou vaardighede in die bediening — Hoe om JW.ORG te gebruik
HOEKOM DIT BELANGRIK IS: Elke publikasie in ons Gereedskap vir Velddiens verwys na jw.org. Om die waarheid te sê, die belangrikste doel van die kontakkaartjie en die pamflet Waar kan ons antwoorde op die belangrikste vrae in die lewe vind? is om mense van ons webwerf te vertel. Jy kan jw.org gebruik om ’n elektroniese kopie van ’n publikasie in ons Gereedskap vir Velddiens vir iemand te e-pos of deur ’n skakel met hom te deel. Dit help veral wanneer jy vir iemand getuig wat ’n ander taal praat. Mense vra dalk ook vrae wat nie beantwoord word in die publikasies in ons Gereedskap vir Velddiens nie. As ons weet hoe om die webwerf te gebruik kan ons meer sukses in ons bediening hê.
HOE OM DIT TE DOEN:
-
Klik op “BYBELLERINGE”. Sê nou jy getuig vir ’n ouer wat graag meer inligting wil hê oor hoe om kinders groot te maak. Gaan na BYBELLERINGE > DIE HUWELIK EN DIE GESIN.
-
Klik op “PUBLIKASIES”. Sê nou jy getuig informeel by die skool en jy wil graag die brosjure Antwoorde op 10 vrae wat jongmense vra met ’n klasmaat deel. Gaan na PUBLIKASIES > BOEKE & BROSJURES.
-
Klik op “OMTRENT ONS”. Sê nou jy getuig vir iemand by die werk wat graag ’n kort verduideliking wil lees oor wat ons glo. Gaan na OMTRENT ONS > ALGEMENE VRAE.
KYK NA DIE VIDEO HOE OM JW.ORG TE GEBRUIK, EN DINK DAN WAAR OP DIE WEBWERF JY SAL GAAN OM HULP TE GEE AAN:
-
’n ateïs
-
iemand wat onlangs ’n tragedie deurgemaak het
-
’n onbedrywige broer of suster
-
’n herbesoek wat vra hoe ons werk gefinansier word
-
iemand van ’n ander land wat die vergaderinge in sy eie land wil bywoon