DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Jesus het ook vir jou broer gesterf
Jesus het sy lewe vir onvolmaakte mense opgeoffer (Ro 5:8). Ons waardeer beslis die feit dat Jesus sy liefde vir ons getoon het deur sy lewe vir ons te gee. Maar soms moet ons onsself daaraan herinner dat Christus ook vir ons broer gesterf het. Hoe kan ons Christelike liefde wys vir ons broers en susters wat soos ons ook onvolmaak is? Kom ons kyk na drie maniere. Eerstens kan ons ons vriendekring uitbrei deur vriende te maak met persone wat nie dieselfde agtergrond as ons het nie (Ro 15:7; 2Ko 6:12, 13). Tweedens moet ons oppas dat ons nie iets doen of sê wat ander kan seermaak nie (Ro 14:13-15). Laastens, as iemand teen ons sondig, moet ons gou wees om te vergewe (Lu 17:3, 4; 23:34). As ons hard werk om Jesus op hierdie maniere na te volg, sal Jehovah aanhou om die gemeente met vrede en eenheid te seën.
KYK NA DIE VIDEO WORD NOG MOOIER! EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:
-
Hoe het Miki aan die begin oor haar gemeente gevoel?
-
Wat het gemaak dat sy anders begin voel het?
-
Hoe het Jesus se voorbeeld Miki gehelp om haar beskouing te verander? (Mr 14:38)
-
Hoe kan Spreuke 19:11 ons help om die goeie in ons broers en susters te sien?