Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Verbeter jou vaardighede in die bediening — Help diegene met die “regte gesindheid” om dissipels te word

Verbeter jou vaardighede in die bediening — Help diegene met die “regte gesindheid” om dissipels te word

HOEKOM DIT BELANGRIK IS: Jehovah laat saadjies van waarheid groei in die harte van diegene met “die regte gesindheid vir die ewige lewe” (Han 13:48; 1Kor 3:7). Ons werk saam met Hom deur die meeste van ons tyd en energie te gebruik om diegene te help wat toepas wat hulle leer (1Kor 9:26). Bybelstudente moet verstaan dat Christelike doop nodig is vir redding (1Pe 3:21). Ons help hulle om dissipels te word deur hulle te leer om veranderinge in hulle lewe te maak, om te preek en te onderrig en om hulle lewe aan Jehovah toe te wy. — Mt 28:19, 20.

HOE OM DIT TE DOEN:

  • Herinner Bybelstudente aan die doel van hulle studie. Dit help hulle om ‘kennis in te neem’ van Jehovah en om sy hart bly te maak. — Joh 17:3

  • Help hulle om geestelike vooruitgang te maak deur struikelblokke te oorkom, soos slegte gewoontes en twyfelagtige assosiasie

  • Versterk hulle en moedig hulle aan voor en ná hulle doop. — Han 14:22

KYK NA DIE VIDEO JEHOVAH GOD SAL JOU HELP, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Hoekom is party bang om hulle lewe aan Jehovah toe te wy en hulle te laat doop?

  • Hoe kan ouer manne Bybelstudente help om geestelike vooruitgang te maak?

  • Wat leer Jesaja 41:10 ons oor Jehovah?

  • Watter eienskappe sal ons help om Jehovah te dien op ’n manier wat hy goedkeur, al is ons onvolmaak?

Hoe werk ons saam met Jehovah om dissipels te maak?