DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Verbeter jou vaardighede in die bediening – Hoe om aanpasbaar te wees
HOEKOM DIT BELANGRIK IS: Die gesalfdes en die ander skape nooi alle soorte mense om “die water van die lewe [te] neem, verniet” (Op 22:17). Hierdie simboliese water stel al Jehovah se voorsienings voor wat nodig is om gehoorsame mense van sonde en die dood te red. As ons mense van verskillende kulture en gelowe wil help, moet ons die “ewige goeie nuus” op ’n manier aan hulle oordra wat hulle harte persoonlik sal bereik. – Op 14:6.
HOE OM DIT TE DOEN:
-
Kies ’n onderwerp en teks wat die harte van mense in jou gebied sal raak. Jy kan een van die voorgestelde gesprekke kies of iets wat jy al voorheen suksesvol gebruik het. Oor watter onderwerpe en tekste praat mense graag? Is daar ’n onlangse gebeurtenis in die nuus waaroor almal praat? Waaroor sal ’n man of ’n vrou graag praat?
-
Dink aan die gebruike en die maniere van groet in jou gebied, en maak dit deel van jou gesprek. – 2Kor 6:3, 4
-
Maak seker jy weet watter publikasies en video’s in ons Gereedskapskissie vir Onderrigting is sodat jy dit kan deel met iemand wat belangstelling toon
-
Laai inligting af in die tale van die mense wat jy in jou gebied kan teëkom
-
Pas jou onderwerp aan sodat dit die huisbewoner kan help (1Kor 9:19-23). Byvoorbeeld, wat sal jy sê as jy uitgevind het dat die huisbewoner onlangs ’n geliefde aan die dood verloor het?
KYK NA DIE VIDEO, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:
-
Watter onderwerp het die verkondiger met die huisbewoner begin bespreek?
-
Wat het in die huisbewoner se lewe aangegaan?
-
Watter opsie uit die tekste was die beste vir hierdie geleentheid, en hoekom?
-
Hoe pas jy jou aanbieding aan sodat dit mense in jou gebied se hart kan bereik?