DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Ons wys liefde deur Jehovah se dissipline te ondersteun
Uitsetting beskerm die gemeente en dissiplineer onberouvolle sondaars (1Kor 5:6, 11). Wanneer ons sulke dissipline deur Jehovah ondersteun, wys ons liefde. Hoe kan ons so sê as uitsetting soveel hartseer veroorsaak vir almal wat daarby betrokke is, soos familie wat na aan die persoon is en die regterlike komitee?
Die belangrikste van alles is dat ons liefde wys vir Jehovah se reputasie en sy standaarde van heiligheid (1Pe 1:14-16). Ons wys ook liefde vir die persoon wat uitgesit is. Sterk dissipline is dalk pynlik, maar dit kan “die vreedsame vrug van regverdigheid” voortbring (Heb 12:5, 6, 11). Ons meng in met Jehovah se dissipline as ons assosieer met iemand wat uitgesit is of wat homself gedisassosieer het. Onthou, Jehovah dissiplineer sy volk “in die regte mate” (Jer 30:11). Terwyl ons Jehovah se dissipline ondersteun en by ons geestelike roetine bly, hou ons aan hoop dat die persoon na ons barmhartige Vader sal terugkeer. – Jes 1:16-18; 55:7.
KYK NA DIE VIDEODRAMATISERING BLY LOJAAL MET ’N VERENIGDE HART, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:
-
Deur watter pyn gaan Christenouers wanneer ’n kind Jehovah verlaat?
-
Hoe kan die gemeente getroue familielede ondersteun?
-
Watter Bybelverslag leer ons dat lojaliteit aan Jehovah belangriker is as lojaliteit aan ons familie?
-
Hoe wys ons dat dit vir ons belangriker is om lojaal te wees aan Jehovah as aan ons familie?