Christus het vir ons gely
“Hy is verag en deur die mense vermy . . . Ons het hom beskou as een wat met ’n plaag getref is, deur God geslaan en geteister is”
-
Jesus is gehaat en van godslastering beskuldig. Party het geglo dat God hom straf, asof God hom met die plaag van ’n aaklige siekte getref het
“Dit het Jehovah behaag om hom te verbrysel [en deur hom] sal die welbehae van Jehovah in sy hand slaag”
-
Dit moes baie moeilik vir Jehovah gewees het om te sien hoe sy Seun doodgemaak word. Maar dit het hom baie gelukkig gemaak om te sien hoe Jesus absoluut getrou was. Jesus se dood het ’n antwoord op Satan se uitdaging gegee oor die lojaliteit van God se knegte. Dit het ook tot voordele vir berouvolle mense gelei. Op hierdie manier is die “welbehae van Jehovah”, dit wil sê Jehovah se wil, uitgevoer