Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Gebruik Bybellektuur wyslik

Gebruik Bybellektuur wyslik

Jesus het sy volgelinge geleer: “Julle het verniet ontvang, verniet moet julle gee” (Mt 10:8). Ons volg daardie duidelike riglyn en vra nie geld vir ’n Bybel of vir ons Bybellektuur nie (2Ko 2:17). Hierdie publikasies bevat nogtans kosbare waarhede uit God se Woord. Dit verg harde werk en baie geld om lektuur te druk en dit na gemeentes regoor die wêreld te stuur. Daarom moet ons nie meer lektuur neem as wat ons nodig het nie.

Gebruik goeie oordeel wanneer jy vir ander lektuur gee, selfs wanneer jy openbare getuieniswerk doen (Mt 7:6). Moenie net lektuur aan verbygangers uitdeel nie. Probeer om met hulle te gesels om uit te vind of hulle werklik belangstel. Kan jy Ja antwoord op ten minste een van die vrae in die bygaande venster? Indien jy nie seker is of iemand belangstel nie, moet jy liewer vir hom ’n traktaat gee. As hy natuurlik vir ’n tydskrif of ’n ander publikasie vra, sal ons dit met graagte vir hom gee.—Spr 3:27, 28.