Nuwe hemele en ’n nuwe aarde bring groot vreugde
God se belofte van herstelling wat in Jesaja hoofstuk 65 opgeteken is, is so seker dat Jehovah daarvan praat asof dit reeds in vervulling gaan.
Jehovah skep nuwe hemele en ’n nuwe aarde, waar die vorige dinge nie onthou sal word nie
Wat is die nuwe hemele?
-
’n Nuwe regering wat regverdige toestande op die aarde tot stand sal bring
-
Dit is in 1914 opgerig toe Christus as Koning van God se Koninkryk gekroon is
Wat is die nuwe aarde?
-
’n Gemeenskap van mense uit alle nasies, tale en rasse wat hulle met vreugde aan die heerskappy van die nuwe hemelse regering onderwerp
Hoe sal die vorige dinge nie onthou word nie?
-
Die oorsake van hartseer herinneringe—fisiese, verstandelike en emosionele lyding—sal nie meer bestaan nie
-
Getroue mense sal die lewe ten volle geniet en sal elke dag se goeie herinneringe koester