Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

SKATTE UIT GOD SE WOORD | MATTEUS 14-15

Baie word gevoed deur middel van ’n klein groepie

Baie word gevoed deur middel van ’n klein groepie

Net voor die Pasga van 32 HJ het Jesus ’n wonderwerk verrig. Dit is die enigste wonderwerk wat deur al vier die Evangelieskrywers opgeteken is.

Deur hierdie wonderwerk het Jesus ’n voorbeeld gestel wat hy tot vandag toe nog volg.

14:16-21

  • Jesus het vir sy dissipels gesê om vir die mense kos te gee al het hulle net vyf brode en twee visse gehad

  • Jesus het die brode en visse geneem, gebid en dit vir die dissipels gegee. Hulle het dit toe onder die skare uitgedeel

  • Dit was ’n wonderwerk, want daar was meer as genoeg kos vir almal. Jesus het duisende mense gevoed deur middel van ’n klein groepie, sy dissipels

  • Jesus het voorspel dat hy gedurende die laaste dae ’n kanaal sou aanstel om geestelike “voedsel op die regte tyd” te gee. — Mt 24:45

  • In 1919 het Jesus “die getroue en verstandige slaaf”, ’n klein groepie gesalfde broers, aangestel oor “sy huisknegte”, dié wat gevoed word

  • Jesus volg vandag nog die voorbeeld wat hy in die eerste eeu gestel het deur hierdie klein groepie gesalfde broers te gebruik

Hoe kan ek wys dat ek die kanaal wat Jesus gebruik om mense geestelik te voed, erken en respekteer?