Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

“Eer jou vader en jou moeder”

“Eer jou vader en jou moeder”

Toe Jesus op die aarde was, het hy klem gelê op die bevel: “Eer jou vader en jou moeder” (Eks 20:12; Mt 15:4). Jesus kon dit met vrymoedigheid sê, want hy het aan sy ouers “onderdanig gebly” toe hy ’n jongmens was (Lu 2:51). Toe hy ’n volwassene was, het hy seker gemaak dat iemand ná sy dood vir sy ma sou sorg. — Joh 19:26, 27.

Jong Christene wat vandag aan hulle ouers gehoorsaam is en op ’n respekvolle manier met hulle praat, eer hulle ouers. Die bevel om ons ouers te eer, sal eintlik altyd van toepassing wees. Selfs wanneer ons ouers oud is, sal ons hulle nog steeds eer deur na hulle wyse raad te luister (Spr 23:22). Ons eer ook ons bejaarde ouers deur hulle die nodige emosionele en finansiële sorg te gee (1Ti 5:8). Of ons nou jonk of oud is, dit is belangrik om ons ouers te eer deur goeie kommunikasie met hulle te behou.

KYK NA DIE WITBORD-TEKENPRENT HOE KAN EK MET MY OUERS PRAAT? EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Hoekom is dit dalk vir jou moeilik om met jou ouers te praat?

  • Hoe kan jy jou ouers eer wanneer jy met hulle praat?

  • Hoekom is dit die moeite werd om met jou ouers te praat? (Spr 15:22)

    As jy met jou ouers praat, kan dit jou help om ’n suksesvolle lewe te lei