Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Verbeter jou vaardighede in die bediening — Gebruik vrae op ’n doeltreffende manier

Verbeter jou vaardighede in die bediening — Gebruik vrae op ’n doeltreffende manier

WAAROM DIT BELANGRIK IS: As die “raad in die hart van ’n man . . . soos diep waters” is, dan is vrae soos ’n emmer waarmee jy dit uitskep (Spr 20:5). Vrae help ons om ons luisteraars se aandag te behou. As ons ons vrae goed kies, kan dit ons help om uit te vind wat die persoon regtig dink. Jesus het vrae op ’n doeltreffende manier gebruik. Hoe kan ons hom navolg?

HOE OM DIT TE DOEN:

  • Gebruik beskouingsvrae. Jesus het ’n paar vrae gevra om uit te vind hoe sy dissipels oor dinge gevoel en wat hulle daarvan gedink het (Mt 16:13-16; be 238 ¶3-5). Watter beskouingsvrae kan jy dalk gebruik?

  • Gebruik uitlokvrae. Jesus het vrae gevra en moontlike antwoorde gegee wat Petrus gehelp het om die regte gevolgtrekking te maak en sodoende sy denkwyse reg te stel (Mt 17:24-26). Watter uitlokvrae kan jy gebruik om iemand te help om tot die regte gevolgtrekking te kom?

  • Prys die persoon. Nadat ’n skrifgeleerde “intelligent geantwoord” het, het Jesus hom geprys (Mr 12:34). Hoe kan jy iemand prys wanneer hy jou vraag beantwoord?

KYK NA DIE EERSTE DEEL VAN DIE VIDEO DOEN DIE WERK WAT JESUS GEDOEN HET — ONDERRIG, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Al is hierdie inligting akkuraat, is dit ’n voorbeeld van swak onderrigting. Hoekom sê jy so?

  • Hoekom moet ons meer doen as om net die inligting te verduidelik?

KYK NA DIE TWEEDE DEEL VAN DIE VIDEO EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Hoe het die broer vrae op ’n doeltreffende manier gebruik?

  • Watter ander aspekte van sy onderrigting kan ons navolg?

Watter uitwerking het ons onderrigting op ander? (Lu 24:32).