Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

SKATTE UIT GOD SE WOORD | MATTEUS 18-19

Pas op dat jy nie jouself en ander laat struikel nie

Pas op dat jy nie jouself en ander laat struikel nie

Jesus het illustrasies gebruik om te wys hoe ernstig dit is as ons onsself of ander laat struikel.

18:6, 7

  • ’n “Struikelblok” is iets wat veroorsaak dat iemand die verkeerde pad volg, dat hy iets verkeerds doen, of dat hy aanhou om iets te doen wat hy weet ’n sonde is

  • Dit sal vir ’n persoon wat iemand laat struikel beter wees om met ’n meulsteen om sy nek in die see te val

Meulstene

18:8, 9

  • Jesus het sy volgelinge gewaarsku om iets, selfs al is dit so kosbaar soos ’n hand of ’n oog, te verwyder as dit hulle laat struikel

  • Dit sal beter wees om iets só kosbaar op te gee en in God se Koninkryk in te gaan as om dit te behou en in Gehenna, ’n simbool van ewige vernietiging, te beland

Wat in my lewe kan moontlik ’n struikelblok word, en hoe kan ek keer dat ek myself of ander laat struikel?