Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

SKATTE UIT GOD SE WOORD | MATTEUS 12-13

Die illustrasie van die koring en die onkruid

Die illustrasie van die koring en die onkruid

Jesus het die koring en die onkruid gebruik om te illustreer wanneer en hoe hy die hele koringklas van gesalfde Christene uit die mensdom sou neem. Hy het in 33 HJ daarmee begin.

13:24

‘’n Man het goeie saad in sy saailand gesaai’

  • Saaier: Jesus Christus

  • Goeie saad word gesaai: Jesus se dissipels word met heilige gees gesalf

  • Die saailand: Die mensdom

13:25

“Terwyl die mense geslaap het, het sy vyand gekom en onkruid daaroor gesaai”

  • Vyand: Die Duiwel

  • Die mense het geslaap: Die dood van die apostels

13:30

“Laat al twee saam groei tot die oes toe”

  • Koring: Gesalfde Christene

  • Onkruid: Die mense wat net in naam Christene is

“Maak eers die onkruid bymekaar . . . en gaan bring dan die koring in”

  • Slawe/dié wat oes: Engele

  • Onkruid bymekaargemaak: Naamchristene word geskei van gesalfde Christene

  • In die voorraadskuur ingebring: Gesalfde Christene word in die herstelde gemeente ingebring

Hoe kon daar aan die begin van die oes-seisoen onderskei word tussen ware Christene en naamchristene?

Hoe sal dit my persoonlik help as ek hierdie illustrasie verstaan?