Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Hou aan om gretig te wag met volharding

Hou aan om gretig te wag met volharding

Hoe lank wag jy al vir God se Koninkryk om te kom? Hou jy geduldig uit, al kry jy swaar? (Ro 8:25). Party Christene word gehaat, sleg behandel, in die tronk gegooi of selfs met die dood gedreig. Baie ander sukkel met chroniese siektes of bejaardheid.

Wat sal ons help om gretig te wag, maak nie saak watter beproewinge ons deurmaak nie? Ons moet ons geloof sterk hou deur elke dag die Bybel te lees en daaroor te peins. Ons moet op ons hoop fokus (2Kor 4:16-18; Heb 12:2). Ons moet Jehovah in gebed smeek en hom ernstig vra vir die krag van sy heilige gees (Lu 11:10, 13; Heb 5:7). Ons liefdevolle Vader kan ons help “om ten volle te volhard en lankmoedig te wees met vreugde”. – Kol 1:11.

KYK NA DIE VIDEO ONS MOET “MET VOLHARDING HARDLOOP” – WEES VOL VERTROUE DAT JY DIE PRYS SAL ONTVANG, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Watter “onvoorsiene gebeurtenisse” kan daar in die lewe wees? (Pr 9:11)

  • Hoe help gebed ons wanneer ons beproewinge deurmaak?

  • Sê nou ons kan nie meer soveel in Jehovah se diens doen soos voorheen nie. Hoekom moet ons dan fokus op wat ons wel kan doen?

  • Hou jou oë op die prys

    Wat help jou om vol vertroue te bly dat jy die prys sal ontvang?