Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Verbeter jou vaardighede in die bediening – Hoe om onproduktiewe Bybelstudies te beëindig

Verbeter jou vaardighede in die bediening – Hoe om onproduktiewe Bybelstudies te beëindig

HOEKOM DIT BELANGRIK IS: Mense moet Jehovah se naam aanroep as hulle gered wil word (Ro 10:13, 14). Maar nie almal wat ’n Bybelstudie aanvaar, wil volgens Jehovah se standaarde lewe nie. Ons gebruik ons kosbare tyd in die bediening op die beste manier moontlik deur diegene te help wat regtig veranderinge wil maak; dié wat Jehovah se hart bly wil maak. As ’n Bybelstudent nie goeie vordering maak nadat hy ’n ruk lank gestudeer het nie, sal ons liewer ons tyd en energie gebruik om diegene te help vir wie Jehovah na hom en sy organisasie toe trek (Joh 6:44). Maar, as die persoon later veranderinge maak en wys dat hy “die regte gesindheid vir die ewige lewe” het, sal ons met graagte sy Bybelstudie voortsit. – Han 13:48.

HOE OM DIT TE DOEN:

  • Prys die student daarvoor dat hy akkurate kennis wil inneem. – 1Ti 2:4

  • Beklemtoon hoe belangrik dit is dat hy moet toepas wat hy leer. – Lu 6:46-49

  • Bespreek Jesus se illustrasie oor die saaier met hom op ’n vriendelike manier, en vra hom om te dink oor wat dit is wat keer dat hy vordering maak. – Mt 13:18-23

  • Verduidelik op ’n taktvolle manier hoekom jy die studie beëindig

  • Sê vir hom dat jy van tyd tot tyd by hom ’n draai sal kom maak om hom aan te moedig en dat julle in die toekoms die studie kan voortsit as hy vordering maak

KYK NA DIE VIDEO, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Hoe het die gesprek vir jou gewys dat die student nie geestelike vordering maak nie?

  • Hoe het die verkondiger die student gehelp om te sien dat hy veranderinge moet maak?

  • Wat het die verkondiger gedoen om die deur oop te los sodat die persoon in die toekoms weer kan studeer?