Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

SKATTE UIT GOD SE WOORD | ROMEINE 9-11

Die illustrasie van die olyfboom

Die illustrasie van die olyfboom

11:16-26

Wat word deur die verskillende kenmerke van die simboliese olyfboom voorgestel?

  • Die boom: die vervulling van God se voorneme met betrekking tot die Abrahamitiese verbond

  • Die stam: Jesus, die vernaamste, of belangrikste, deel van Abraham se nageslag

  • Die takke: die volle getal van die sekondêre deel van Abraham se nageslag

  • Die ‘afgebreekte’ takke: natuurlike Jode wat vir Jesus verwerp het

  • Die takke wat “geënt” is: geesgesalfde Christene uit die nasies

Soos voorspel is, sal Abraham se nageslag – Jesus en die 144 000 – seëninge “vir mense van die nasies” bring. – Ro 11:12; Ge 22:18

Wat leer ek oor Jehovah as ek dink aan hoe hy sy voorneme met betrekking tot Abraham se nageslag vervul het?