Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Sien jy God se onsigbare eienskappe duidelik?

Sien jy God se onsigbare eienskappe duidelik?

Sien jy die Skepper se handewerk wanneer jy na ’n kleurvolle blom, ’n sterrehemel of ’n dreunende waterval kyk? Jehovah se onsigbare eienskappe kan baie duidelik in die skepping rondom ons gesien word (Ro 1:20). Wanneer ons ’n oomblik neem en bietjie dink oor wat ons met ons oë sien, is God se krag, liefde, wysheid en geregtigheid, sowel as sy vrygewigheid, duidelik sigbaar. – Ps 104:24.

Wat is party van Jehovah se skeppingswerke wat jy elke dag raaksien? Al bly jy in ’n stad, is daar dalk voëls en bome om jou. As ons Jehovah se skepping noukeurig dophou, kan dit ons help om minder angstig te wees, om nie te veel op ons probleme te fokus nie en om ons geloof te versterk in Jehovah se vermoë om tot in alle ewigheid vir ons te sorg (Mt 6:25-32). As jy kinders het, moet jy hulle help om Jehovah se onvergelyklike eienskappe raak te sien. Hoe groter ons waardering vir die skepping om ons word, hoe nader sal ons aan die Skepper kom. – Ps 8:3, 4.

KYK NA DIE VIDEO DIE WONDERLIKE SKEPPING LEER ONS VAN GOD – LIG EN KLEUR, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Hoe help pigment, of kleurstof, ons om kleure te sien?

  • Hoekom kry ’n mens kleurvariasies?

  • Hoekom sien ons verskillende kleure in die lug?

  • Watter treffende kleure in die skepping het jy al naby julle huis gesien?

  • Hoekom moet ons tyd maak om noukeurig na die natuur om ons te kyk?

Wat vertel lig en kleur vir ons van Jehovah se eienskappe?