DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Verbeter jou vaardighede in die bediening —Lê die grondslag vir ’n herbesoek
WAAROM DIT BELANGRIK IS:
Ons wil die saadjies van waarheid wat ons geplant het, natgooi (1Ko 3:6). Wanneer ons iemand vind wat belangstelling toon, is dit goed om ’n vraag te vra wat ons kan bespreek wanneer ons teruggaan. Dit sal die huisbewoner laat uitsien na die volgende besoek en dit vir ons makliker maak om vir die herbesoek voor te berei. Wanneer ons teruggaan, kan ons vir hom sê dat ons teruggekom het om die vraag te beantwoord wat ons tydens die vorige besoek gevra het.
HOE OM DIT TE DOEN:
-
Wanneer jy jou aanbieding vir die huis-tot-huis-bediening voorberei, moet jy ook ’n vraag voorberei wat jy tydens die volgende besoek kan beantwoord. Dit kan iets wees wat beantwoord word in die lektuur wat jy aanbied. Of dit kan ’n vraag wees wat beantwoord word in een van ons studiepublikasies wat jy vir die huisbewoner wil wys wanneer jy teruggaan.
-
Aan die einde van ’n gesprek met iemand wat belangstelling toon, moet jy vir hom sê dat jy graag weer met hom wil praat en hom dan die vraag vra wat jy voorberei het. Kry die persoon se kontakbesonderhede, indien moontlik.
-
As jy vir die huisbewoner sê dat jy op ’n sekere tyd sal terugkom, moet jy jou afspraak nakom.—Mt 5:37.