LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING
Hoe om ’n studie met behulp van die Goeie nuus-brosjure te hou
-
Lees die vraag in vetdruk by elke paragraaf om die student te help om op die hoofgedagte te konsentreer.
-
Lees die paragraaf wat daarop volg.
-
Lees die tekste wat in skuinsdruk is, en gebruik taktvolle vrae om die student te help om te sien hoe die tekste die vraag beantwoord.
-
As daar nog ’n paragraaf onder die vraag is, herhaal stap 2 en 3. As daar ’n video op jw.org is wat met die vraag ooreenkom, kan jy dit die een of ander tyd gedurende julle bespreking speel.
-
Vra die student om die vraag in vetdruk te beantwoord sodat jy kan sien of hy die hoofgedagte verstaan.