Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Jaarlikse streekbyeenkomste – Geleenthede om liefde te wys

Jaarlikse streekbyeenkomste – Geleenthede om liefde te wys

Hoekom geniet ons ons jaarlikse streekbyeenkomste so baie? Net soos in eertydse Israel, gee streekbyeenkomste ons vandag die geleentheid om Jehovah saam met honderde, selfs duisende, broers en susters te aanbid. Ons geniet ’n feesmaal van ryk geestelike kos. En die kosbare tyd wat ons saam met vriende en familie spandeer, lê ons baie na aan die hart. Ons het soveel waardering hiervoor, en daarom wil ons al drie dae van die streekbyeenkoms bywoon.

Wanneer ons die geleentheid het om bymekaar te kom moet ons nie net dink aan die voordele wat ons persoonlik daaruit sal kry nie, maar ook hoe ons liefde aan ander kan wys (Ga 6:10; Heb 10:24, 25). Wanneer ons vir ons broer of suster ’n deur oophou of net die sitplekke hou wat ons nodig sal hê, wys ons dat ons nie net aan onsself dink nie, maar ook in ander belangstel (Flp 2:3, 4). Streekbyeenkomste is wonderlike geleenthede om nuwe vriende te maak. Ons kan vir ons ’n doel stel om voor en ná die program en gedurende middagete met iemand te gesels wat ons nog nie ken nie (2Kor 6:13). Hierdie vriendskappe wat ons opbou, kan vir ewig duur! Nog belangriker, wanneer buitestanders ware liefde in aksie sien, besluit hulle dalk ook om Jehovah te begin dien. – Joh 13:35.

KYK NA DIE VIDEO “LIEFDE FAAL NOOIT”!- INTERNASIONALE STREEKBYEENKOMSTE, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Hoe is liefde gewys aan die besoekende byeenkomsgangers by die internasionale streekbyeenkomste van 2019?

  • Hoekom is die eenheid en liefde onder Jehovah se volk so merkwaardig?

  • Watter aspekte van Christelike liefde het lede van die Bestuursliggaam beklemtoon?

  • Hoe kan jy bydra tot die liefde wat by ons streekbyeenkomste gewys word?

    Hoe het Christelike liefde ons broers en susters in Duitsland en Suid-Korea verenig?

  • Wat moet ons vasbeslote wees om te doen?