DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Gaan jy in Maart of April hulppionierdiens doen?
Wil jy gedurende die Gedenkmaalseisoen graag meer in Jehovah se diens doen? (2Kor 5:14, 15). As jy in Maart of April hulppionierdiens doen, kan jy kies of jy 30 of 50 ure velddiens wil doen. As jy aan hierdie spesiale vorm van diens kan deelneem, moet jy jou aansoekvorm vir die Gemeentelike Dienskomitee gee. Die name van dié wat goedgekeur is om hulppioniers te wees sal elke maand in die gemeente aangekondig word. So kan die gemeente dan die pioniers met hulle velddiens help. Kom ons almal maak ten volle gebruik van die geleenthede wat daar gedurende die Gedenkmaalseisoen is om nog beter velddiens te doen en mekaar aan te moedig. – 1Te 5:11.