Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Toekomstige vryheid – Danksy God en Christus

Toekomstige vryheid – Danksy God en Christus

Met watter dinge sukkel jy elke dag? Is jy ’n gesinshoof met baie verantwoordelikhede? Is jy ’n enkelouer wat hard probeer om die pot aan die kook te hou? Is jy ’n jongmens op skool wat deur jou skoolmaats geboelie word? Sukkel jy met swak gesondheid of met probleme wat saam met die ouderdom kom? Niemand kan sê dat hulle nie probleme het nie. Baie Christene moet verskillende probleme op een slag hanteer. Maar ons weet dat ons binnekort vrygemaak sal word van hierdie moeilike tye. – 2Kor 4:16-18.

Tot dan vind ons vertroosting omdat ons weet dat Jehovah ons swaarkry verstaan, ons lojaliteit en volharding waardeer en vir ons wonderlike seëninge vir die toekoms belowe (Jer 29:11, 12). Jesus stel ook persoonlik in ons belang. Terwyl ons ons Christelike pligte nakom, gee hy ons hierdie versekering: “Ek is met julle” (Mt 28:20). Wanneer ons oor hierdie toekomstige vryheid onder God se Koninkryk peins, maak dit ons hoop sterker en maak dit ons meer vasbeslote om te volhard in hierdie moeilike tye wat ons nou het. – Ro 8:19-21.

KYK NA DIE VIDEO HOU JOU OË GERIG OP JESUS TERWYL DIE STORM NADER KOM! – TOEKOMSTIGE KONINKRYKSEËNINGE, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Hoe het die mensdom van God vervreemd geraak, en wat was die gevolg?

  • Na watter toekoms kan dié uitsien wat getrou is aan Jehovah?

  • Hoe is hierdie wonderlike toekoms moontlik?

  • Na watter seëninge wat vir die nuwe wêreld belowe word, sien jy uit?

Sien jouself in die nuwe wêreld