DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Ouers, gee julle kinders die kennis wat hulle nodig het
Ons lewe in ’n wêreld wat sê dat goeie dinge sleg is en dat slegte dinge goed is (Jes 5:20). Ongelukkig doen party mense dinge wat Jehovah haat, en dit sluit verkeerde gedrag in tussen dié van dieselfde geslag. Kinders by die skool of ander mense kan dalk ons kosbare kinders probeer oorreed om dieselfde dinge as hulle te doen. Hoe kan julle julle kinders voorberei om hierdie en soortgelyke toetse suksesvol te hanteer?
Leer julle kinders wat Jehovah se standaarde is (Le 18:3). Leer hulle geleidelik wat die Bybel oor seks sê en pas dit aan volgens hulle ouderdom en wat hulle kan verstaan (De 6:7). Vra jou af: ‘Het ek my kinders geleer wat gepas en nie gepas is nie wanneer dit kom by liefdeblyke, hoe belangrik dit is om beskeie klere te dra en dat ander hulle privaatheid moet respekteer? Sal my kinders weet wat om te doen as iemand vir hulle pornografie probeer wys of vir hulle vra om iets te doen wat Jehovah sê verkeerd is?’ As hulle hierdie dinge voor die tyd weet, kan dit hulle help om gevaar te vermy (Spr 27:12; Pr 7:12). As julle julle kinders hierdie kennis gee, wys julle dat julle lief is vir hierdie kosbare erfdeel wat Jehovah vir julle gegee het. – Ps 127:3.
KYK NA DIE VIDEO BOU ’N HUIS WAT SAL BLY STAAN — BESKERM JOU KINDERS TEEN “WAT BOOS IS”, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:
-
Hoekom huiwer party om met hulle kinders oor seks te praat?
-
Hoekom moet ouers hulle kinders oplei in “die dissipline en riglyne van Jehovah”? – Ef 6:4
-
Wat het Jehovah se organisasie vir ouers gegee om hulle te help om hulle kinders oor seks te leer? – w19.05 12, venster
-
Hoekom moet jy gereeld met jou kinders kommunikeer voordat probleme ontstaan?