DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Georganiseer om vir almal te preek
Net soos Jehovah die Israeliete georganiseer het, organiseer hy vandag sy volk om sy wil te doen. Regoor die wêreld werk takkantore, kringe, gemeentes en velddiensgroepe almal saam om die goeie nuus te verkondig. Ons preek vir almal, en dit sluit dié in wat ’n ander taal praat. – Op 14:6, 7.
Het jy al daaraan gedink om ’n ander taal te leer sodat jy iemand kan help om die waarheid te leer? Al het jy nie tyd om ’n taal te leer nie, kan jy die JW Language-app gebruik om ’n maklike aanbieding te leer. Wanneer jy dit eers in velddiens begin gebruik, sal jy dalk dieselfde vreugde hê wat ons broers in die eerste eeu gehad het toe mense van ander lande verstom was om “die wonderlike dinge van God” in hulle eie taal te hoor. – Han 2:7-11.
KYK NA DIE VIDEO WORD JEHOVAH SE VRIEND – PREEK IN ’N ANDER TAAL, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:
-
Wanneer kan jy dalk die JW Language-app gebruik?
-
Wat is party van die kenmerke daarvan?
-
Watter tale praat die mense in julle gebied?
-
Wat moet jy doen as iemand wat in die Koninkryksboodskap belangstel ’n ander taal praat? – od 102 ¶39-41