Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Lesse uit Samuel se lewe

Lesse uit Samuel se lewe

Samuel het regdeur sy lewe getrou aan Jehovah gebly. Toe hy jonk was, het hy geweier om soos Eli se seuns, Hofni en Pinehas, te word (1Sa 2:22-26). Terwyl Samuel grootgeword het, was Jehovah die heeltyd met hom (1Sa 3:19). Toe hy ouer was, het hy aangehou om aan Jehovah gehoorsaam te wees, selfs al was sy seuns nie. – 1Sa 8:1-5.

Wat kan Samuel se voorbeeld ons leer? As jy ’n jongmens is, kan jy seker wees dat Jehovah die probleme wat jy deurmaak, verstaan en weet hoe jy voel. Hy kan jou help om dapper te wees (Jes 41:10, 13). As jy ’n ouer is met ’n kind wat Jehovah nie meer dien nie, kan dit jou vertroos om te weet dat Samuel nie sy volwasse seuns kon dwing om lojaal te bly aan Jehovah se standaarde nie. Terwyl hy die situasie in Jehovah se hande gelos het, het hy lojaal gebly en sy hemelse Vader, Jehovah, gelukkig gemaak. Miskien sal jou goeie voorbeeld jou kind aanmoedig om Jehovah weer te begin dien.

KYK NA DIE VIDEO LEER BY HULLE – SAMUEL, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Hoe het Samuel gewys dat hy dapper was toe hy jonk was?

  • Hoe het Danny gewys dat hy dapper is?

  • Hoe het Samuel ’n goeie voorbeeld gestel toe hy ouer was?

  • Jehovah ondersteun dié wat vasstaan vir wat reg is

    Hoe het Danny se ouers ’n goeie voorbeeld gestel?