Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Wees verseker van Jehovah se lojale liefde

Wees verseker van Jehovah se lojale liefde

Jehovah beskou jou as kosbaar (Jes 43:4). Hy het jou na hom en sy organisasie getrek. Omdat jy jou toegewy en laat doop het, behoort jy aan Jehovah. Hy sal vir jou sorg as sy spesiale eiendom, selfs wanneer jy deur moeilike tye gaan. Hy sal lojale liefde vir jou wys deur middel van sy organisasie. – Ps 25:10.

Ons kan ons waardering vir Jehovah se lojale liefde versterk deur te kyk na hoe sy organisasie gereageer het toe daar onlangs natuurrampe was.

KYK NA DIE VIDEO VERSLAG VAN DIE KOÖRDINEERDERSKOMITEE – 2019, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Hoe het die Koördineerderskomitee takkantore regoor die wêreld voorberei sodat hulle kan weet wat om te doen wanneer daar natuurrampe is?

  • Hoe het Jehovah se organisasie riglyne gegee en noodlenigingswerk gedoen in Indonesië en Nigerië?

  • Wat het jy waardeer oor hoe die organisasie gereageer het op die COVID-19-pandemie?