LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING | VERGROOT JOU VREUGDE IN DIE BEDIENING
Help Bybelstudente om vergaderinge by te woon
Gemeentelike vergaderinge is ’n baie belangrike deel van rein aanbidding (Ps 22:22). Almal wat bymekaarkom om Jehovah te aanbid, is gelukkig en word geseën (Ps 65:4). Bybelstudente maak gewoonlik vinniger vordering wanneer hulle vergaderinge gereeld bywoon.
Hoe kan jy jou Bybelstudente help om vergaderinge by te woon? Hou aan om hulle na die vergaderinge te nooi. Wys vir hulle die video Wat gebeur by ’n Koninkryksaal? Verduidelik vir hulle hoe die vergaderinge hulle sal help (lff les 10). Jy kan ’n spesifieke punt met hulle deel wat jy by ’n vergadering geleer het, of jy kan vir hulle vertel wat by ’n volgende vergadering bespreek sal word. Gee vir jou studente die publikasies wat gebruik sal word. Help hulle ook op praktiese maniere. Miskien het hulle vervoer nodig om by die vergadering te kom. Enige iets wat jy doen, sal die moeite werd wees wanneer jou student ’n vergadering vir die eerste keer bywoon. – 1Kor 14:24, 25.
KYK NA DIE VIDEO HELP JOU BYBELSTUDENTE OM VERGADERINGE BY TE WOON, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:
-
Watter geleentheid het Neeta gebruik om Jade na ’n vergadering te nooi?
-
Hoekom is ons bly wanneer ’n Bybelstudent vergaderinge bywoon?
-
Wat het gebeur toe Jade haar eerste vergadering bygewoon het?