Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Jongmense – Sê vir julle ouers hoe julle regtig voel

Jongmense – Sê vir julle ouers hoe julle regtig voel

Hoekom moet jy vir jou ouers vertel wat in jou gedagtes is? (Spr 23:26). Omdat Jehovah vir hulle die verantwoordelikheid gegee het om vir jou te sorg en jou te lei (Ps 127:3, 4). Dit sal vir hulle moeilik wees om jou te help as jy nie vir hulle van al jou bekommernisse vertel nie. En jy sal uitmis op al die praktiese ondervinding wat hulle het. Is dit verkeerd om party van jou gedagtes vir jouself te hou? Nie altyd nie, solank jy nie jou ouers mislei deur hulle iets te laat glo wat nie die waarheid is nie. – Spr 3:32.

Hoe kan jy met jou ouers praat? Probeer om ’n tyd te kies wat vir jou en vir hulle sal werk. As dit moeilik is, kan jy vir een van hulle ’n brief skryf om vir hulle te sê hoe jy voel. Wat as hulle oor ’n onderwerp wil praat wat jy dalk nie wil bespreek nie? Onthou dat hulle jou regtig wil help. Sien jou ouers as vriende, nie as vyande nie. Die moeite wat jy insit om openlik met jou ouers te kommunikeer, kan jou help vir die res van jou lewe – jou ewige lewe! – Spr 4:10-12.

KYK NA DIE VIDEO MY TIENERLEWE – HOE KAN EK MET MY OUERS PRAAT?, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Wat het Esther en Partik oor hulleself besef?

  • Wat kan jy uit Jesus se voorbeeld leer?

  • Hoe het jou ouers al vir jou gewys dat hulle vir jou omgee?

  • Jou ouers wil hê dat jy suksesvol moet wees

    Watter Bybelbeginsels kan jou help om met jou ouers te praat?