DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Berei nou voor vir ’n mediese noodgeval
Hoekom moet jy voorberei? Ons kan skielik en sonder waarskuwing ’n mediese noodgeval hê of in die hospitaal beland. Daarom moet jy nou ten volle gebruik maak van die voorsienings wat beskikbaar is om jou te help om die beste mediese sorg moontlik te ontvang. Deur dit te doen, wys jy dat jy lewe en Jehovah se wet oor bloed respekteer. – Han 15:28, 29.
Wat kan jy doen om voor te berei?
-
Bid en vul ’n Durable Power of Attorney-kaart (DPA) versigtig in. a Gedoopte verkondigers kan ’n DPA-kaart vir hulleself sowel as ’n Identity Card (ic) vir hulle kinders by die lektuurkneg kry
-
As jy swanger is, vra jou ouermanne om vir jou ’n kopie van die dokument Inligting vir swanger moeders (S-401) te gee. Hierdie dokument sal jou help om goeie besluite oor mediese sake te maak wat gedurende swangerskap en geboorte kan ontstaan
-
As jy ’n mediese prosedure nodig het of in die hospitaal moet bly, laat jou ouermanne vooraf weet en sê vir die hospitaal dat jy ’n besoek van ’n bedienaar van Jehovah se Getuies verwelkom
Hoe kan die ouermanne jou help? Hulle kan jou help om jou DPA-kaart in te vul. Maar ouermanne sal nie mediese besluite vir jou maak of hulle persoonlike opinies gee oor sake waaroor elkeen self moet besluit nie (Ro 14:12; Ga 6:5). Wanneer jy jou plaaslike ouermanne laat weet dat jy in ’n mediese situasie is waarby die bloedkwessie dalk betrokke is, sal hulle die Hospitaalskakelkomitee (HLC) dadelik kontak.
Hoe kan die HLC jou help? Broers wat op die HLC dien, is opgelei om dié in die mediese en wetlike gemeenskappe te help om ons godsdiensoortuigings oor bloed te verstaan. Hulle kan mediese behandeling om bloedoortappings te vermy met jou gesondheidswerker bespreek. As dit nodig is, kan hulle jou help om ’n dokter te vind wat jou oortuigings oor bloed sal respekteer.
KYK NA DIE VIDEO HOE OM MEDIESE BESLUITE OOR BLOED TE MAAK, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAAG:
-
Wat het jy uit hierdie video geleer wat jou kan help om voor te berei vir ’n mediese noodgeval waarby bloed betrokke is?
a Les 39 van die Geniet die lewe vir ewig!-boek kan jou help om mediese besluite te maak waarby die gebruik van bloed betrokke is.