DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Gebruik Bybelbeginsels om jou kinders te help om suksesvol te wees
Christenouers wil hê dat hulle kinders ’n gelukkige en wonderlike lewe in Jehovah se diens moet geniet. Ouers kan hulle kinders help om suksesvol te wees deur Bybelbeginsels te gebruik om hulle op te lei. – Spr 22:6.
-
Maak dit vir jou kinders maklik om met jou te praat. – Jak 1:19
-
Stel ’n goeie voorbeeld. – De 6:6
-
Neem gereeld deel aan ware aanbidding. – Ef 6:4
KYK NA DIE VIDEO BOU ’N HUIS WAT SAL BLY STAAN — LEI JOU KINDERS OP ‘VOLGENS DIE WEG VIR HULLE’, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:
-
Hoe kan ouers wys dat hulle redelik is?
-
Hoe kan ouers die beginsel in Jakobus 1:19 toepas?
-
Wat kan ouers doen wanneer daar probleme is?