DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Soek God se denke
Ons wil Jehovah gelukkig maak in alles wat ons doen (Spr 27:11). Om dit te doen, moet ons besluite maak wat sy denke weerspieël selfs wanneer daar nie spesifieke wette is wat ons lei nie. Wat kan ons help om dit te doen?
Bly by ’n goeie roetine van Bybelstudie. Elke keer wanneer ons die Bybel lees, is dit asof ons tyd saam met Jehovah spandeer. Ons kan leer hoe Jehovah dink deur te kyk hoe hy sy volk behandel het en deur die voorbeelde te ondersoek van dié wat goeie of slegte dinge in sy oë gedoen het. Wanneer ons ’n besluit moet maak, kan die heilige gees ons help om belangrike lesse en beginsels te onthou wat ons uit God se Woord geleer het. – Joh 14:26.
Doen navorsing. Wanneer jy ’n besluit moet maak, vra jouself af: ‘Watter verse of verslae in die Bybel kan my help om te verstaan hoe Jehovah oor die saak voel?’ Bid tot Jehovah vir hulp, en gebruik die navorsingshulpe wat in jou taal beskikbaar is om jou te help om Bybelbeginsels wat jou in jou situasie sal help, te vind en toe te pas. – Ps 25:4.
KYK NA DIE VIDEO ONS MOET “MET VOLHARDING HARDLOOP” — EET GESONDE KOS, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:
-
Watter druk het die jong suster in die video gehad?
-
Hoe kan jy navorsingshulpe gebruik om jou te help om soortgelyke druk te hanteer?
-
Hoe help dit ons wanneer ons die tyd neem om navorsing en persoonlike studie te doen wat ons kan help om goeie besluite te maak? – Heb 5:13, 14