Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Stel doelwitte vir die Gedenkmaalseisoen

Stel doelwitte vir die Gedenkmaalseisoen

Jehovah se volk sien elke jaar daarna uit om die Gedenkmaal saam te herdenk. Gedurende die weke voor en ná die Gedenkmaal, maak ons ten volle gebruik van spesiale geleenthede om Jehovah te loof en te dank vir die losprys (Ef 1:3, 7). Byvoorbeeld, ons werk hard om ander na die Gedenkmaal te nooi. Party kan hulle dinge so reël dat hulle hulppionierdiens doen met die doel om 30 of 50 ure gedurende die maande van Maart en April te doen. Wil jy graag meer in jou bediening doen gedurende hierdie Gedenkmaalseisoen? Wat kan jou help om dit reg te kry?

Baie keer kan ons meer bereik wanneer ons vooruit beplan (Spr 21:5). Met die Gedenkmaalseisoen wat vinnig nader kom, is dit nou die tyd om te begin beplan. Dink aan wat jy wil doen om jou bediening uit te brei, en besluit wat jy moet doen om jou doelwitte te bereik. Vra dan Jehovah om jou pogings te seën. – 1Jo 5:14, 15.

Kan jy aan ’n paar maniere dink hoe jy jou bediening kan uitbrei gedurende die Gedenkmaalseisoen?