12-18 Februarie
PSALM 5-7
Lied 118 en gebed | Inleidende kommentaar (1 min.)
1. Bly lojaal ten spyte van wat ander doen
(10 min.)
Dawid het soms sy vreugde verloor as gevolg van wat ander gedoen het (Ps 6:6, 7)
Hy het Jehovah vir hulp gevra (Ps 6:2, 9; w21.03 15 ¶7-8)
Dawid se sterk vertroue in Jehovah het hom gehelp om lojaal te bly (Ps 6:10)
VRA JOU AF: ‘Bou ek die soort geloof op wat sterk genoeg is om lojaal te bly aan Jehovah, maak nie saak wat ander doen nie?’ – w20.07 8-9 ¶3-4.
2. Geestelike skatte
(10 min.)
Ps 5:9 – Op watter manier is die keel van die goddeloses ’n oop graf? (it-1-E 995)
Watter geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte gekry wat jy graag wil deel?
3. Bybelleesgedeelte
(4 min.) Ps 7:1-11 (th studie 10)
4. Begin ’n gesprek
(3 min.) HUIS TOT HUIS. (lmd les 1: Punt 3)
5. Begin ’n gesprek
(2 min.) INFORMELE GETUIENISWERK. Sonder om ’n spesifieke Bybelwaarheid met die persoon te deel, vind ’n natuurlike manier om te sê dat jy een van Jehovah se Getuies is (lmd les 2: Punt 4).
6. Volg op
(2 min.) HUIS TOT HUIS. Die huisbewoner wil met jou stry (lmd les 4: Punt 5).
7. Verduidelik wat jy glo
(4 min.) Demonstrasie. ijwfq 64 – Tema: Hoekom kies Jehovah se Getuies om nie deel te neem aan nasionalistiese seremonies nie? (lmd les 3: Punt 4)
Lied 99
8. Jaarlikse diensrapport
(15 min.) Bespreking. Nadat die takkantoor se brief oor die jaarlikse diensrapport gelees is, nooi die gehoor om ’n paar positiewe dinge te noem oor die Wêreldrapport van Jehovah se Getuies vir die 2023-diensjaar. Voer ’n onderhoud met verkondigers wat vooraf gekies is en wat gedurende die afgelope jaar aanmoedigende ondervindinge in die bediening gehad het.
9. Gemeentelike Bybelstudie
(30 min.) bt hfst. 5 ¶16-22, venster op bl. 42