15-21 Januarie
JOB 36-37
Lied 147 en gebed | Inleidende kommentaar (1 min.)
1. Hoekom jy God se belofte van die ewige lewe kan vertrou
(10 min.)
Jehovah self lewe vir ewig (Job 36:26; w15 10/1 13 ¶1-2)
Jehovah het die wysheid en die krag om lewe te onderhou (Job 36:27, 28; w20.05 22 ¶6)
Jehovah leer ons hoe om die ewige lewe te ontvang (Job 36:4, 22; Joh 17:3)
Sterk geloof in God se belofte van die ewige lewe, help ons om uitdagings te hanteer. – Heb 6:19; w22.10 28 ¶16.
2. Geestelike skatte
(10 min.)
-
Job 37:20 – Hoe was nuus en inligting baie keer in Bybellande oorgedra? (it-1-E 492)
-
Watter geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte gekry wat jy graag wil deel?
3. Bybelleesgedeelte
(4 min.) Job 36:1-21 (th studie 2)
4. Begin ’n gesprek
(3 min.) OPENBARE GETUIENISWERK. (lmd les 3: Punt 3)
5. Volg op
(4 min.) HUIS TOT HUIS. (lmd les 2: Punt 5)
6. Verduidelik wat jy glo
(5 min.) Toespraak. ijwfq 57 ¶5-15 – Tema: Hoekom was Jehovah se Getuies gedurende die Nazi-slagting vervolg? (th studie 18)
Lied 49
7. Wees voorbereid vir mediese situasies
(15 min.) Bespreking. Moet deur ’n ouerman hanteer word.
Jehovah se organisasie gee vir ons hulpmiddele om ons te help om God se wet oor bloed te gehoorsaam (Han 15:28, 29). Maak jy goed gebruik daarvan?
Durable Power of Attorney-kaart (DPA) en Identity Card (ic): Hierdie kaarte verduidelik die pasiënt se wense oor die mediese gebruik van bloed. Gedoopte verkondigers kan ’n DPA-kaart by die lektuurkneg kry, asook ’n Identity Card vir hulle minderjarige kinders. Hierdie kaarte moet te alle tye by jou gehou word. As jy een moet invul of op datum moet bring, moet jy dit nie uitstel nie.
Inligting vir swanger moeders (S-401) en Inligting vir pasiënte wat operasies of chemoterapie nodig het (S-407): Hierdie dokumente help ons om beter voorbereid te wees vir mediese sorg, insluitende situasies waarby die bloedkwessie betrokke is. As jy swanger is of ’n operasie of kankerbehandeling moet kry, vra jou ouermanne vir ’n kopie van die dokument wat jy nodig het.
Hospitaalskakelkomitee (HLC): Broers wat op die HLC dien, is ouermanne wat opgelei is om inligting aan dokters en verkondigers te gee oor sake waarby bloed betrokke is. Hulle kan met jou dokter praat oor alternatiewe mediese behandeling wat beskikbaar is sodat bloedoortappings vermy kan word. As dit nodig is, kan hulle jou help om ’n dokter te vind wat jou besluit sal respekteer. Hulle is 24 uur per dag, 7 dae ’n week beskikbaar. Kontak die HLC so gou as moontlik in enige situasie waarin jy dalk in die hospitaal opgeneem word, ’n operasie of behandeling – soos kankerbehandeling – moet kry, selfs as dit lyk asof die bloedkwessie nie betrokke sal wees nie. Dit geld ook vir swanger vrouens. As jy hulp nodig het, vra ’n ouerman vir die kontakbesonderhede van die HLC.
Speel die VIDEO Hospitaalskakelkomitee – Hoe help hulle? Vra dan vir die gehoor:
Hoe kan die HLC jou help as jy mediese sorg of ’n operasie moet kry?
8. Gemeentelike Bybelstudie
(30 min.) bt hfst. 4 ¶9-12, venster op bl. 34