Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

19-25 Februarie

PSALM 8-10

19-25 Februarie

Lied 2 en gebed | Inleidende kommentaar (1 min.)

SKATTE UIT GOD SE WOORD

1. “Ek sal u loof, o Jehovah”!

(10 min.)

Jehovah is ongelooflik goed vir ons (Ps 8:​3-6; w21.08 3 ¶6)

Ons loof Jehovah graag deur ander van sy wonderlike werke te vertel (Ps 9:1; w20.05 23 ¶10)

Ons loof hom ook wanneer ons uit die hart uit sing (Ps 9:2; w22.04 7 ¶13)

VRA JOU AF: ‘Op watter ander maniere kan ek Jehovah loof?’

2. Geestelike skatte

(10 min.)

  • Ps 8:3 – Wat het die psalmis bedoel toe hy van God se vingers gepraat het? (it-1-E 832)

  • Watter geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte gekry wat jy graag wil deel?

3. Bybelleesgedeelte

LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING

4. Begin ’n gesprek

(3 min.) HUIS TOT HUIS. Die huisbewoner sê dat hy nie in God glo nie (lmd les 5: Punt 4).

5. Volg op

(4 min.) INFORMELE GETUIENISWERK. In die vorige gesprek het die persoon vir jou gesê dat hy nie in God glo nie, maar dat hy bereid is om na die bewyse te kyk dat daar ’n Skepper is (th studie 7).

6. Toespraak

(5 min.) w21.06 6-7 ¶15-18 – Tema: Help jou Bybelstudente om Jehovah te loof (th studie 10).

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Lied 10

7. Hoe om op ’n natuurlike manier informeel te getuig

(10 min.) Bespreking.

Een manier hoe ons Jehovah meer kan loof, is deur vir dié te getuig wat ons ontmoet terwyl ons daaglikse dinge doen (Ps 35:28). Aan die begin voel ons dalk senuweeagtig om informeel te getuig. Maar wanneer ons leer hoe om ’n gesprek op ’n natuurlike manier te begin en aan die gang te hou, kan ons baie goed word daarmee, en dit selfs geniet!

Speel die VIDEO Wees gereed om “die goeie nuus van vrede” te verkondig – Neem die inisiatief. Vra dan vir die gehoor:

Wat het jy uit hierdie video geleer wat jou kan help om beter te word met informele getuieniswerk?

Hier is ’n paar wenke wat jou kan help om ’n gesprek te begin:

  •   Soek na maniere om gesprekke te begin elke keer wanneer jy die huis verlaat. Bid daaroor, en vra Jehovah om jou te help om mense te vind wat wil luister

  •   Wees vriendelik, en wys dat jy belangstel in die mense wat jy ontmoet. Probeer om iets oor die persoon te leer wat jou kan help om te weet in watter Bybelwaarheid hy dalk belang sal stel

  •   Probeer om kontakbesonderhede uit te ruil, as dit gepas is

  •   Moenie teleurgesteld wees as die gesprek eindig voordat jy vir die persoon kan getuig nie

  •   Dink aan die persoon nadat julle gepraat het. Toon persoonlike belangstelling deur vir die persoon ’n skakel te stuur na ’n Bybelvers of ’n artikel op jw.org

Probeer die volgende: As iemand vir jou vra: ‘Hoe was jou naweek?’ vertel vir hom iets wat jy by die vergadering geleer het of iets oor die werk wat jy as ’n Bybelonderrigter doen.

8. Plaaslike behoeftes

(5 min.)

9. Gemeentelike Bybelstudie

Slotkommentaar (3 min.) | Lied 65 en gebed