Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

26 Februarie–3 Maart

PSALM 11-15

26 Februarie–3 Maart

Lied 139 en gebed | Inleidende kommentaar (1 min.)

SKATTE UIT GOD SE WOORD

1. Sien jouself in God se rustige nuwe wêreld

(10 min.)

Wanneer mense nie wet en orde respekteer nie, veroorsaak dit geweld (Ps 11:​2, 3; w06 5/15 18 ¶3)

Ons kan seker wees dat Jehovah binnekort ’n einde aan geweld sal maak (Ps 11:5; wp16.4 11)

As ons nadink oor Jehovah se belofte van redding, kan dit ons help om geduldig te wag vir die nuwe wêreld (Ps 13:​5, 6; w17.08 7 ¶15)

PROBEER DIE VOLGENDE: Lees Esegiël 34:​25, en vat ’n oomblik om jouself te sien in die rustige omgewing wat daar beskryf word. – kr 236 ¶16.

2. Geestelike skatte

(10 min.)

  • Ps 14:1 – Hoe hou die gesindheid in hierdie teks selfs vir Christene ’n gevaar in? (w13 9/15 19 ¶12)

  • Watter geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte gekry wat jy graag wil deel?

3. Bybelleesgedeelte

LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING

4. Begin ’n gesprek

(2 min.) INFORMELE GETUIENISWERK. Nooi die persoon na die Gedenkmaal (lmd les 5: Punt 3).

5. Begin ’n gesprek

(1 min.) HUIS TOT HUIS. Nooi die persoon na die Gedenkmaal (lmd les 3: Punt 4).

6. Begin ’n gesprek

(3 min.) HUIS TOT HUIS. ’n Persoon wys dat hy in die Gedenkmaaluitnodiging belangstel (lmd les 7: Punt 4).

7. Maak dissipels

(5 min.) lff les 13: Wat ons geleer het, Hersiening en Doelwit. Gebruik ’n artikel in die deel “Leer meer” om jou student te help om te verstaan hoe God oor valse godsdiens voel (th studie 12).

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Lied 8

8. “Wysheid is beter as oorlogswapens”

(10 min.) Bespreking.

Geweld raak regoor die wêreld al hoe erger. Jehovah weet dat die geweld wat ons sien en ondervind ons baie angstig kan maak. Hy verstaan ook dat ons beskerming nodig het. Een manier hoe hy ons beskerm, is deur middel van sy Woord, die Bybel. – Ps 12:​5-7.

In die Bybel is daar ‘wysheid wat beter is as oorlogswapens’ (Pr 9:18). Kyk hoe die volgende Bybelbeginsels ons kan help om onsself teen geweld te beskerm.

  • Pr 4:​9, 10 – Probeer om nie alleen op onveilige plekke en in onveilige situasies te wees nie

  • Spr 22:3 – Wees bewus van wat om jou aangaan wanneer jy in die publiek is

  • Spr 26:17 – Moenie betrokke raak by stryery wat niks met jou te doen het nie

  • Spr 17:14 – Verlaat die area as dit lyk asof iets gewelddadig gaan gebeur. En bly weg van groepe mense wat bymekaarkom om te betoog

  • Lu 12:15 – Moet nooit jou lewe in gevaar stel om jou besittings te beskerm nie

Speel die VIDEO Wees soos dié met geloof, nie dié sonder geloof nie – Henog, nie Lameg nie. Vra dan vir die gehoor:

Hoe het Henog se voorbeeld die pa se besluite en optrede beïnvloed toe daar geweld was? – Heb 11:5

In party situasies voel ’n Christen dalk dat dit nodig is om te doen wat hy kan om homself en sy besittings te beskerm. As dit die geval is, sal hy alles in sy vermoë doen om nie iemand se lewe te neem en bloedskuldig te word nie. – Ps 51:14; sien “Vrae van Lesers” in Die Wagtoring van Julie 2017.

9. Gedenkmaalkampanje begin Saterdag 2 Maart

(5 min.) Toespraak deur ’n ouerman. Sê wat die plaaslike reëlings is vir die kampanje, spesiale toespraak en Gedenkmaal. Herinner die verkondigers dat hulle gedurende Maart en April kan kies om hulppionierdiens te doen met ’n uurvereiste van 15 uur.

10. Gemeentelike Bybelstudie

(30 min.) bt hfst. 6 ¶9-17

Slotkommentaar (3 min.) | Lied 40 en gebed