Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

8-14 Januarie

JOB 34-35

8-14 Januarie

Lied 30 en gebed | Inleidende kommentaar (1 min.)

SKATTE UIT GOD SE WOORD

1. Wanneer die lewe onregverdig voel

(10 min.)

Onthou dat Jehovah nooit die oorsaak van onregverdigheid is nie (Job 34:10; wp19.1 8 ¶2)

Dit lyk dalk asof slegte mense met hulle onregverdige dade wegkom; maar hulle kan nie vir Jehovah wegkruip nie (Job 34:​21-26; w17.04 10 ¶5)

Die beste manier om dié te help wat onregverdig behandel word, is om hulle van Jehovah te leer (Job 35:​9, 10; Mt 28:​19, 20; w21.05 7 ¶19-20)

2. Geestelike skatte

(10 min.)

  • Job 35:7 – Wat het Elihu bedoel toe hy vir Job gevra het: “Wat ontvang [God] van jou?” (w17.04 29 ¶3)

  • Watter geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte gekry wat jy graag wil deel?

3. Bybelleesgedeelte

LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING

4. Begin ’n gesprek

(3 min.) HUIS TOT HUIS. Bied ’n Bybelstudie aan (lmd les 10: Punt 3).

5. Begin ’n gesprek

(4 min.) INFORMELE GETUIENISWERK. Wys vir ’n persoon wat kinders het hoe om inligting op jw.org te vind wat ouers kan help (lmd les 1: Punt 4).

6. Maak dissipels

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Lied 58

7. Het jy die begeerte om die woord informeel te verkondig?

(15 min.) Bespreking.

Paulus het Timoteus aangemoedig: “Verkondig die woord, bly dringend daarmee besig” (2Ti 4:2). Die Griekse werkwoord wat met “bly dringend daarmee besig” vertaal word, was soms gebruik om na ’n soldaat of wag op sy pos te verwys wat altyd gereed was vir aksie. Die uitdrukking beskryf so mooi ons begeerte om altyd bewus te wees van geleenthede om ’n gewone gesprek in ’n getuienis te verander.

Ons liefde vir Jehovah en waardering vir alles wat hy vir ons doen, motiveer ons om ander van sy pragtige eienskappe te vertel.

Lees Psalm 71:8. Vra dan vir die gehoor:

Van watter goeie dinge oor Jehovah vertel jy graag vir ander?

Ons liefde vir mense motiveer ons ook om informeel te getuig.

Speel die VIDEO Hoe honderde Bybelwaarheid gevind het. Vra dan vir die gehoor:

  •   Hoe het informele getuieniswerk honderde gehelp om Bybelwaarheid te vind?

  •   Hoe het Bybelwaarhede dié wat voorheen deel van die kerk was, gehelp?

  • Hoe motiveer liefde vir ander ons om informeel te getuig?

  • Hoekom dink jy is informele getuieniswerk so ’n effektiewe manier om ander te help om Jehovah te leer ken?

8. Gemeentelike Bybelstudie

Slotkommentaar (3 min.) | Lied 138 en gebed