6-12 Januarie
PSALM 127-134
Lied 134 en gebed | Inleidende kommentaar (1 min.)
1. Ouers – Hou aan om vir julle kosbare geskenke te sorg
(10 min.)
Ouers kan op Jehovah se hulp staatmaak om vir die behoeftes van hulle familie te sorg (Ps 127:1, 2)
Kinders is ’n kosbare geskenk van Jehovah af (Ps 127:3; w21.08 5 ¶9)
Lei elke kind op volgens wat hy nodig het (Ps 127:4; w19.12 26-27 ¶20)
2. Geestelike skatte
(10 min.)
-
Ps 131:1, 2 – Wat kan ouers uit hierdie verse leer? (w21.07 22 ¶6)
-
Watter geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte gekry wat jy graag wil deel?
3. Bybelleesgedeelte
(4 min.) Ps 132:1-18 (th studie 2)
4. Begin ’n gesprek
(3 min.) INFORMELE GETUIENISWERK. (lmd les 1: Punt 3)
5. Begin ’n gesprek
(4 min.) INFORMELE GETUIENISWERK. Die persoon noem iets wat hy glo wat nie met Bybelleringe ooreenstem nie (lmd les 5: Punt 4).
6. Maak dissipels
(5 min.) lff les 16: Punt 4-5. Praat met jou student oor die reëlings wat jy gemaak het sodat hy kan aanhou met sy studie terwyl jy weg is (lmd les 10: Punt 4).
Lied 13
7. Ouers – Stel julle ’n goeie voorbeeld vir julle kinders?
(15 min.) Bespreking.
Jehovah se organisasie voorsien baie artikels, video’s en ander publikasies om ouers te help om hulle kinders oor Jehovah te leer. Maar een van die beste maniere om jou kinders te leer, is om ’n goeie voorbeeld te stel. – De 6:5-9.
Jesus het hierdie kragtige hulpmiddel gebruik om sy dissipels te leer.
Lees Johannes 13:13-15. Vra dan vir die gehoor:
-
Hoekom dink jy het Jesus se metode om ander deur sy voorbeeld te leer so goed gewerk?
As ’n ouer kan jy deur jou dade vir jou kinders wys dat wat jy hulle leer tot hulle voordeel is. Jou goeie voorbeeld sal ook maak dat jou kinders respek het vir wat jy hulle leer en kan hulle motiveer om te luister.
Speel die VIDEO Ons leer ons kinders deur ons voorbeeld. Vra dan vir die gehoor:
-
Watter belangrike lesse het broer en suster Garcia hulle kinders geleer?
-
Hoe motiveer hierdie video jou om aan te hou om ’n goeie voorbeeld vir jou kinders te stel?
8. Gemeentelike Bybelstudie
(30 min.) bt hfst. 20 ¶13-20